Dit was oorgang-oorlog van ou oorlogvoering, na hedendaagse moderne oorlogvoering. Die Britte het die Boere se tweerigtingradio’s uit Duitsland, net soos eerste besending wapens, onderskep en as onderdele gebruik om hul eie stelsels op te gradeer vir plaaslike omstandighede.
Die geykte prentjie wat nog altyd gevorm word met romantiese beperkings van navorsing, is dat die Boere hierdie agterlike nasie was. Lugballonne, heliograwe, telegraaf, telegram, tweerigtingradio’s, gepantserde treine met masjiengewere, rooklose patrone en gewere met hoë trompsnelheid ...
Ons moet wegkom van emosionele plakkery as geskiedenis.



