Teen Cornelius II

  • 3

Hello Cornelius, 

 

En daar is die gevreesde 'volledige bydrae' toe produseer, met nog meer drama en selfgeregtigheid as wat daar gewoonlik deur jou gebied word, die prima donna staan sterk en word ek beskuldig van slegter maniere. Die nuutste in 'n rits beskuldigings, verwyte en beweringe, tussen gebreinspoel en swak maniere is daar nie veel van my menswees oor nie en dan is die hele werf se deelnemers ook nog slimmer as ek, net soos jy al almal vergewe het ook. Sommer so met die intrapslag. Maar hoe kan dit anders wees, hierdie is mos 'n ou gewoonte. Dit is daarom te wagte en gaan daar nie te veel tyd daaraan afgestaan word nie. 

Dit is egter 'n verligtigting om te sien jy het so as moontlik aan 'n antwoord gekom as wat vir jou moontlik is met die volgende: 

Die vraag aan jou: 

'glo jy daar is een enkele waarheid, naamlik God, en dat ten spyte van die verskeidenheid in hulle verskille tog nog steeds funksioneer onder hierdie enkele waarheid?'

Jy antwoord: 'nee'.

Maar stop voor die punt om dit te verklaar en bied as verskoning my sogenaamde 'slegte maniere', en dat dit kwansuis my bevestig van jou lidmaatskap was wat jou weerhou. 

Jy vergeet weer, die enigste gesprek met die personeel van die Katedraal was om die Anglikaanse Kerk se inslag te bevestig. 

Die terugvoer ontvang was in kontradiksie tot wat jy hier verkondig het en was dit gewoon wat al voorheen aan jou uitgewys is, naamlik dat dit intergeloof dialoog is en geen poging tot die sinkretisme wat jy hier getuig wyd en syd. 

Dus is jy weereens nie eerlik nie. 

Te veel van jou briewe hier, verwys na sinkretisme en is daar 'n gedurige poging om tekste te verbind, die Katolieke Kerk volgens jou werk met Midrash, dit ontgaan jou volkome dat die Midrash uniek tot Judaisme is. 

Elders skryf jy hoe die Paulus, Christendom, 'n projek van sinkretisme gehad het, net soos jy poog om Hindi in jou mengsel te trek. 

Ervaring, is mos jou rede, dit is ervaring voor en agter, die hele dag, die hele nag. 

Bogenoemde ervaar jy in jou hart, hierdie sinkretisme, maar wat jy nou poog om te ontken, maar tog die agterdeur oophou.

Die volgende rondte sal leersaam wees, waarmee jy dan vorendag gaan kom.

Verskil met Kobus net soos jy wil, maar daar is geen twyfel waarin hy glo nie en sal Kobus dit in geen onduidelike terme verdedig en motiveer. 

Daar is baie wat jy daaruit kan leer van hom wat dit betref. 

'n Direkte antwoord gaan ek dus nie kry nie.

Soos verwag dan. 

"Bearable dissatisfaction", herinner ek jou weereens, is om die wat sulke gemaklike lewens het, 'n Cornelius Henn, 'n Jan Rap veral, 'n Wouter Ferns te laat afklim van hul perd van selfgeregtigheid en te laat besef, dat hulle het dit nog steeds beter as die oorgrote meerderheid en dat die stem van die benadeeldes gehoor moet word. 

Dit het ek gedoen en gereeld kommentaar geplaas waarin ek die meerderheid deur my skrywes laat praat, aan die hand van die Washington Post, die BBC, Cambridge History of South Africa Volume II, nie een het 'n agenda, anders as om die werklikhede soos dit op voetsoolvlak is te rapporteer nie. 

Daarom, moet dit nie net jou stem wees, waar jy jou selfgeregtigheid ry vir alles wat dit werd is en in die gewone roetine verval van, hoe besorg jy is oor die geweld, die misdaad, en hoe intens jy dit alles beleef en hoe diep jou gevoel is, wat gehoor moet word, maar die oorgrote meerderheid.

Wat van die armoede? 

Jou bondgenoot, Johannes Comestor, misbruik Albert Camus om hier gedagtes te laat oor die pes, die plaag, net so ontwykend soos jy, wie is die pes, wat is die plaag. 

Geen direkte antwoord nie, maar soos die reaksies op daardie brief bevestig, was die intensies vir die lesers baie duidelik. 

Hoekom nie die werke van Camus gebruik om geregtigheid, en ekonomiese geregtigheid te motiveer nie.

Hoekom is die veronderstelling, dat ek nie ongelukkig is oor die geweld, die misdaad, die armoede nie, veral in die lig van alles wat ek al hier geplaas het.

Uitdagings, almal van hulle, vraagstukke wat die land die hoof moet bied en dan beweer jy ek het geen gevoel daarvoor nie. 

Dan het jy nog niks gelees van wat ek geskryf het en verdraai dit vir 'n paar goedkoop punte. 

Geweld onder apartheid was deur die staat teen sy burgers gepleeg en het slegs die wit bevolking beskerming gehad teen geweld en is die oorgrote meerderheid van die bevolking na die rand geskuif en was die polisie se taak, nie die van beskerming nie, maar wel onderdrukkng. 

Dit is 'n radikale verskil van die opset wat nou geld. 

Dit is afskuwelik dat jy die geweld misbruik in jou skrywes soos jy doen, om my in 'n swak lig te stel. 

Dit is uiterste swak smaak en gaan daar nie verder deur my hieroor geskryf word nie. 

Hierdie is werklike mense, en jy gebruik dit om 'n paar punte te probeer wen. 

Die staat teiken jou nie, die krimineel doen en dit is 'n kardinale verskil. 

Hierdie sal jy nie verstaan nie, maar daar is 'n tendens besig om te ontwikkel waar sosio-ekonomiese regte, grondwetlike regte word en dit die verwagting van die burgery word, hierdie word dan die menseregte waarvoor geveg word.

Dit is verstommend hoe nutteloos gesprek met jou is en aan die einde was dit, dit nie werd nie. 

Jy is op 'n kruistog en die res het volgens jou net agenda's en is gebreinspoel en sonder jou ervaring. 

Kan jy nou meer. 

Baie dankie

Wouter

 

 

  • 3

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Dieselfde vervelige onsin... maar veral; "Die staat teiken jou nie, die krimineel doen en dit is 'n kardinale verskil" ... nou wonder ek of 'n  Ingelse beeldpoetser en slimjannie soos Wouter, sou weet dat die staat dalk 'n verantwoordelikheid het om AL hul burgers te beskerm in terme van hul lewe, eiendom en ander grondwetlike regte?

  • Hello Cornelius

     
    Dankie vir die kommentaar, soos dit ook al mag uitsien daarna.----
     
    Ek stap egter nou van die onderwerp af (wil jou nie langer met vervelige onsin opsaal nie) en was bogenoemde my laaste brief daaroor wat jou aanbetref. 
     
    Hoe ook al, dankie vir die tyd en moeite geneem met die 'volledige reaksies', die kommentare, al sou dit seker van die begin af moes duidelik gewees het, ons gaan mekaar nie oortuig nie.
     
    So leer ons nog steeds wat die medeburgers dink. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • CorneliusHenn

    Reg so Wouter    

    Jy het wel jou punte teen my op rekord gestel.  

    Ek onderneem om mettertyd (aangesien my dag ook beperk is), by elkeen uit te kom.  

    Ek voel tog na alles, dit my verantwoordelikheid is.   

    Dis jammer dat jy my antwoorde net "scan" en my dan met 'n tsunami veronderstellings tref, anders sou jy lankal reeds jou antwoorde gehad het.   

    Dit laat my ook wonder oor jou bedoeling.  

    Ek wil ook net duidelik stel dat ek niemand probeer oortuig nie.

    Ek stel die werklikhede wat ek ken in antwoord op ander se veronderstellinge, so duidelik as wat ek kan - dis al.  

    Cornelius

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top