Te normaal
Hoekom wil jy my nie meer hê nie
Was ek maar net te normaal
In die begin was myself goed genoeg
Maar dit blyk na ‘n ruk was dit te vaal
En ek wonder elke dag, wat het jy werklik gesoek
Eers was ek jou droomman
En toe jou weggooipop
Dit laat mens sterk twyfel in dié noodlot
Ek was maar net normaal
En net normaal was nie genoeg nie
Ek kan myself ook nie verander nie
Die lewe is maar soms wreed
Ek het al die verkeerde dinge reg gedoen
En al die regte dinge verkeerd
Ek het al die verkeerde dinge reg gedoen
En al die regte dinge verkeerd
Ek wens ek kon vroeër besef
Dat as ek meer as normaal was
Sou ek jou verwagtinge kon oortref
Ek was maar net normaal
En net normaal was nie genoeg nie
Ek was maar net normaal
En net normaal was nie genoeg nie
Ek was maar net normaal
En net normaal was nie genoeg nie
Ek kan myself ook nie verander nie
Die lewe is maar soms wreed
Ek het al die verkeerde dinge reg gedoen
En al die regte dinge verkeerd
Ek het al die verkeerde dinge reg gedoen
En al die regte dinge verkeerd
Ek was maar net normaal
En net normaal was nie genoeg nie
Ek was maar net normaal
En net normaal was nie genoeg nie
![]() |



