Tanner lectures on human values: Why Animals Don’t Have Language?

  • 0

Hello,

Na aanleiding van Angus se brief kan daar seker gevra word hoekom het diere nie taal soos dit in die mens waargeneem word nie. In dit wat volg word Dorothy L Cheney, professor in biologie aan die Universiteit van Pennsylvania gevolg en die Tanner-lesing aangebied te Cambridge Universiteit deur Professor Cheney. Neem asseblief kennis hierdie is 'n lesing gelewer in 1997 en moet meer as 16 jaar se studies wat gevolg het ook in berekening gebring word om dit op datum te bring en is daar nie meer twyfel dat die diereryk gevul is met intelligensie en kan in meer detail bespreek word in aparte briewe. 

Professor Cheney begin haar lesing om te bevestig dat daar geen vordering gemaak word in die studie vir 'n ekwivalent van menslike taal as aanwesig by diere. Wat wel bevestig kan word dat primate het wel ‘n duidelike kapasiteit vir begrip van die semantiese eienskappe van simbole, ten minste onder die toesig van die mens. Maar daar was min bewyse dat dieselfde individue hierdie verwysings kan kombineer in sin of in langer frases.

Op grond daarvan is daar besluit om die veld van studie eerder in die volgende rigting te ontwikkel, die natuurlike kommunikasie van primate en die verband tussen kommunikasie en kognitiewe onderbou daarvan.

Wat gevind is oor tyd is dat 'n wye verskeidenheid van diere wel in staat is om onder die leiding van mense geleer kan word om kunsmatige etikette te gebruik om voorwerpe of eienskappe van voorwerpe aan te wys. Die vraag is, wat sou die kognitiewe meganismes onderliggend tot die gebruik van hierdie kunsmatige etikette wees en funksioneer hierdie kunsmatige etikette op die rug van voorafbestaande kognitiewe konsepte alreeds aanwesig in die dier? As dit dan wel so is waarom is dit dan dat hierdie diere nie hierdie konsepte aanleer en gebruik sonder die insette en onder leiding van die mens?

Wat ook insiggewend is die volgende naamlik dat daar 'n paar spesies nie-menslike primate besit in hul natuurlike kommunikasie 'n aantal oproepe wat die doel dien as semantiese etikette vir voorwerpe. Nietemin hierdie diere ontwikkel nie nuwe  oproepe of etikette vir voorwerpe.

Hierdie bring dan die volgende vrae na vore.

Waarom is die dier wat alreeds 'n klein aantal 'roepe' beskik nie in staat om nuwe 'roepe', 'etikette' vir ander voorwerpe en gebeure in sy omgewing te skep nie?

Asook, hoekom is daar so min bewyse vir die aanleer en verandering in die natuurlike 'roepe' van nie-menslike primate en ander soogdiere en dan sekerlike diere in die algemeen?

Dit is dan die vrae wat Professor Cheney in haar lesing bespreek aan die hand van 'n aantal voorbeelde en ondersoeke in die aard van diere se 'roepe'.

Aan die hand van bogenoemde vrae is die eerste aspek wat bespreek word, wat is die onderliggende kognitiewe uitbeelding van 'n 'roep' in die dier?

Dit word in die lesing soos volg beskryf:

Onder natuurlike toestande toon 'n aantal van die aap spesies deur die gebruik van verskillende 'roepe' wat as funksie het die uitwys van voorwerpe asook gebeure in die dier se eksterne omgewing. Hierdie roepe word as funksioneel semanties beskou omrede dit optrede ontlok en redelik konsekwent is in waarna verwys word. Hierdie beginsel word egter ook kwalifiseer in die volgende terme:

Naamlik dat dit belangrik is om te weet dat hierdie roepe nie altyd dieselfde optrede tot gevolg het nie net soos dit nie altyd dieselfde optrede in die groep tot gevolg het nie. Waarnemings soos hierdie dui aan dat hierdie roepe 'n eerder 'n tipe 'n tipe gebeurtenis aandui in plaas van 'n spesifieke optrede deur die groep en die stimulus in die omgewing.

Hierdie dui dan daarop dat dit waarskynlik is hierdie optredes eerder 'instinktief' is, of 'reflexive' is.

Die tweede aspek wat behandel word, is hoekom het diere so 'n beperkte raamwerk waarvolgens die dier etikette kan plaas op voorwerpe en gebeure in sy omgewing. In menslike terme kan dit as woorde beskryf word. Hoekom is die dier se 'woordeskat' so beperk?

Professor Cheney gebruik die volgende voorbeeld in menslike terme:

In haar verduideliking bestaan die samelewing uit twee persone, alfa en beta. Eendag sien alpha 'n vlooi vir die eerste keer en maak 'n geluid met die sien daarvan, die geluid, vlooi, en weet beta, nou met daardie geluid, dit is 'n vlooi en verstaan beide alfa en beta die geluid en dit waarna verwys word.

Die aanvaarding van die geluid, vlooi, vir 'n vlooi is meer komplekse ontwikkeling en arriveer by die kern van hoekom diere nie nuwe etikette skep nie.

Aan die hand van 'n aantal voorbeelde kom Professor Cheney tot die slotsom dat diere kan nie nuwe 'woorde' of 'etikette' skep nie soos gehoor as 'n 'roep' aangesien diere nie denke aan hulle self kan toeskryf asook so aan die ander in hulle groep, maar word gekwalifiseer deur Professor Cheney in die volgende terme:

There is some evidence that chimpanzees learn more easily than monkeys to recognize the goals and motives of others. In captivity, they seem better than monkeys at assuming  another  individual’s role in a cooperative task and at recognizing intentional gestures, such as pointing. They also seem better at emulating others. When watching a demonstrator use a tool, chimpanzees, unlike monkeys readily learn its use and function.

Die slotsom se opsomming is soos volg en word die kern gedagtes hier geplaas:

The admittedly scanty evidence assembled to date suggests that the communication of nonhuman animals lacks three features that are abundantly present in the earliest words of young children:

a rudimentary theory of mind,

the ability to generate new words, 

and  syntax.

Because they cannot attribute mental states to one another and are unaware of the relation between behavior and beliefs, monkeys and perhaps also apes are considerably less adept than young children at recognizing the intentions of others and learning new behavior from others. For the same reason, they do not go out of their way to inform others, to instruct others, or to describe and comment upon events in the world. This failure stems not from the inability to recognize or attend to events, but from the inability to recognize that not all individuals share the same knowledge about these events.

Despite their lack of a theory of mind, monkeys nonetheless seem to view other individuals as behaving, animate beings with predictable actions and relationships. In their social interactions, monkeys act as if they regard other individuals as  entities  that cause one another to behave in predictable ways; they also seem to recognize that social interactions have predictable outcomes. Indeed, if monkeys lacked the ability to distinguish A supplants B from B supplants A-that is, if they lacked a rudimentary social syntax -they could hardly survive in their  group.  Again,  however, we know almost nothing about the forms of causal reasoning that might underlie these social inferences. Another challenge for the future will be to identify the kinds of social understanding that are possible in the absence of a theory of mind.

Hierdie dan 'n nota tot die hele komplekse veld van die ontstaan van taal, soos afgeskop deur Angus en kan ook in die lig gelees word in Kobus se brief wat 'n ander aspek van die mens se uniekheid ondersoek. Hierdie wys daarom dan en kan verder ondersoek word dat daar 'n glyskaal is waarvolgens mens en dier optree en bevestig hierdie dan dat die mens dalk nie so uniek is en sal ek graag wil ondersoek aan die hand van Frans B M De WAAL, 'n primatoloog en ook 'n Tanner-lesing.

Baie dankie

Wouter

Naskrif:

Aangesien ek besig is om die argiewe van die Tanner-lesings te manipuleer vir oordra na my Kindle het hierdie lesings op die regte tyd gekom.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top