Hello
In hierdie brief word 'n lesing aangebied deur Frans De Waal by Princeton Universiteit in 2003 gevolg en open Professor De Waal sy lesing met Huxley, Darwin se 'aanvalshond'. Die oomblik in 1893 waar Huxley met Darwin verskil oor die aard van die etiese en die morele en aanvoer dat dit met groot inspanning is dat die mens teen sy natuur optree en dat kultuur die stryd teen evolusie gewen het en hier die nodige korreksie bied teen die wreedheid van die natuur, die bekende, "red in tooth and claw". Hierdie kry ondersteuning in Sigmund Freud se denke ook wat beskawing se oorsprong sien in die onderdrukking deur die mens van sy eie natuur en is dit weereens net die kulturele wat die volgende aspekte van die mens onderdruk:
"Morality is a thin crust underneath which boil human passions that are invariably antisocial, amoral, and egoistic".
Dit is 'n baie somber blik van die mens en terwyl Freud kultuur as die oplossing sien sal die godsdienstige verlossing vind in die goddelike en die aspekte soos uitgelig toeskryf aan die sondeval en die invloed van bose magte. Hier word ook nou Kobus se stelling verwys wat dit duidelik gestel het dat evolusie geen antwoord kan bied op die morele, dit wat goed is en dat evolusie geen bewys het nie.
Aangesien die mens in sekere kringe beskryf word as die vyfde aap, is daar ‘n verwysing waarteen die mens getoets kan word om te bevestig watter eienskappe is deur evolusie ontwikkel om deel van die aard van die menslike natuur en daarom ook dan in dierlike terme.
Daarom word daar nou beweeg na die tweede aspek van die lesing, Darwin se ontleding van hoe die etiese in terme van evolusie ontwikkel het in die mens. Professor De Waal beskryf dit in die volgende terme:
Evolution favors animals that assist each other if by doing so they achieve long-term benefits of greater value than the benefits derived from going it alone and competing with others.
In die lig van bogenoemde is dit dan aanvaarbaar om die proses van evolusie as selfsugtig te beskryf, soos gesien kan word in die gereelde misbruik van die term 'selfish genes', waar die wat dit misbruik op gereelde basis aanvoer dit is hierdie proses wat die mens selfsugtig maak.
Darwin se argumente het dit nie as gevolg nie en word die volgende verwysing gebruik om dit te bevestig:
“Many animals certainly sympathize with each other’s distress or danger” [Darwin 1982 (1871): 77]), because it is in this domain that striking continuities exist between humans and other social animals. To be vicariously affected by the emotions of others must be very basic, because these reactions have been reported for a great variety of animals and are often immediate and uncontrollable. They undoubtedly derive from parental care, in which vulnerable individuals are fed and protected, but in many animals stretch well beyond this domain, extending to relations among unre- lated adults".
Darwin as 'n persoon van sy tyd was weer beïnvloed deur Adam Smith, Skotse filosoof en die vader van ekonomie en kan Adam Smith se denke wat dit betref soos volg verwoord word:
"How selfish soever man may be supposed, there are evidently some principles in his nature, which interest him in the fortune of others, and render their happiness necessary to him, though he derives nothing from it, except the pleasure of seeing it".
Hierdie is nie 'n raaisel nie aangesien die mens in 'n groep funksioneer en oor tyd ontwikkel het om 'n sosiale wese te wees wat lojaliteit en ondersteuning kan bied in die wat deel van die groep is. Dit beteken dat die wat Darwin se argumente verwerp die kern idee mis wat Darwin verwoord het oor evolusie in verband met moraliteit aangesien Darwin dit as 'n duidelike produk van evolusie gesien het. Hiermee word die effek van kultuur nie ontken nie maar bevestig dit hoe vloeibaar die menslike natuur en dit wat goed is vir die samelewing saamgewerk het om die realiteit soos dit vandag daarna uitsien.
Hierdie is die inleiding van Professor De Waal se inleiding maar in lyn met die titel is die lesse geleer van primate sekerlik die kern en word dit soos volg beskryf en onder die volgende aspekte bespreek:
Empatie:
Aangesien empatie getoon deur enige dier wat in groepe funksioneer beteken dit dat hierdie eienskap het biologiese voordele vir die enkeling en die groep in oorlewing asook om te kan floreer. Indien hierdie eienskappe nie deel van die natuur was nie, is dit moontlik om die bestaan voorgestel wat dit tot gevolg sou bring. Waarneming bevestig egter dat hierdie is nie 'n realiteit nie.
Vertroosting:
As 'n onderafdeling van die groter aspek van empatie, bevestig Professor De Waal dat met sy eksperimente en waarneming van die primate in sy sorg is vertroosting soos dit benodig sou word in die groep deur 'n enkeling gelewer wanneer daar ongemak in die enkeling waargeneem is. Professor De Waal vertel ook van hoe hyself 'n 'tranedal' opsit en daar dan aktief gepoog word deur lede van die primate onder sy sorg om hom te vertroos.
Hierdie is stof tot nadenke aangesien daar geen werklike wins vir die primaat is om troos te bied nie, aangesien die omstandighede doodeenvoudig ignoreer kan word sonder enige negatiewe gevolge, maar tog word daar gestop deur die primaat en vertroosting word gebied.
Dankbaarheid:
Hierdie is nie net 'n Bybelse term nie en bevestig Professor De Waal weereens dat die primate in sy sorg dankbaarheid betoon aan die wat goed aan 'n individu in die groep betoon het. 'n Een tot een verhouding en kan as heel 'menslik' beskryf word en hierdie word waargeneem in die dier en word soos volg beskryf:
It was found that adults were more likely to share food with individuals who had groomed them earlier. In other words, if A had groomed B in the morning, B was more likely than usual to share food with A later in the day. This result, however, could be explained in two ways. The first is the “good mood” hypothesis according to which individuals who have received grooming are in a benevolent mood, leading them to share indiscriminately with all individuals. The second explanation is the direct-exchange hypothesis, in which the individual who has been groomed responds by sharing food specifically with the groomer. The data indicated that the sharing increase was specific to the previous groomer. In other words, chimpanzees appeared to remember others who had just performed a service (grooming) and respond to those individuals by sharing more with them.
Net so word die teenwoordigheid van regverdigheid ook waargeneem en beskryf.
Aangesien ek dit nie beter kan stel as Professor De Waal nie sluit ek af met sy woorde en moet die inleiding van hierdie brief as die vertrekpunt gesien word en is hierdie dan die finale antwoord:
This belief, however, represents a monumental confusion between process and outcome. Natural selection is indeed a merciless process of elimination, yet it has the capacity to produce an incredible range of organisms, from the most asocial and competitive to the kindest and gentlest. If we assume that the building blocks of morality are among its many products, as Darwin did, then morality, instead of being a human-made veneer, should be looked at as an integral part of our history as group living animals, hence an extension of our primate social instincts.
Baie dankie
Wouter


Kommentaar
Hello,
Wouter, dit is ek wat "baie dankie" moet sê vir 'n uiters interessante saak wat jy weer onder die aandag bring. Hoop jy kan dinge nog mettertyd verder voer. Groetnis. George
Beste Wouter
Beate Wouter,
Hello,
Beste Wouter
Hello Perdebytjie,
Beste Wouter
Hello Perdebytjie,
Hello Perdebytjie,
Beste Wouter
Hello Perdebytjie,
Hello,