Heil die leser.
Die volgende berig deur Nuus24, is op 29 April 2013 geplaas: "Altesaam 16 mense is dood toe vyf motorbomme Maandag in die suide van Irak ontplof het. Twee bomme in Amara het sewe lewens geëis, terwyl 45 mense ook in die aanval beseer is, het die polisie gesê. Drie ander bomme het onderskeidelik in Mahmudiyah, Karbala en Diwaniyah ontplof. Altesaam nege mense is in dié aanvalle dood. Die polisie het bygevoeg dat meer as 100 mense beseer is. Meer as 450 mense is volgens die nuusagentskap AFP al hierdie maand in Irak in aanvalle dood.
Ek nooi enigeen hier om Suid-Afrika se misdaadstatistiek vir April 2013, ook hier te plaas.
Boeregroete,
Cornelius Henn

