
Tafelberg-Uitgewers bied ’n slypskool aan om saam te val met die Kleinkaroo Nasionale Kunstefees in Oudtshoorn. Die slypskool word aangebied deur Francious Smith en Danie Marais.
Dié kursus wys jou:
1. Hoe die letterkunde jou leer
- sien
- luister en
- voel
sodat jy kan skryf.
2. Hoe jy teen clichés stry: Konvensie, rebellie en die vind van ’n eie stem.
3. Hoe jy ’n storie vertel: Plot, argument en voortvloeiendheid.
4. Om sommige goed ongesê te laat: Suggestie en implikasie as vertelstrategie.
5. Om jou karakters net die nodige te laat sê: Die moontlikhede en slaggate van dialoog.
6. Hoe om agter te kom wat die sterk punt van jou skryfwerk is en daarmee te woeker.
Vir volledige besonderhede besoek NB Uitgewers se webblad.

