"Tafelberg" deur Robert Nel

  • 0

Geskryf vir: Alle kunstenaars

Groot, grys, verhewe en wyd
Sy het ontstaan aan die begin van tyd
Sy waak oor ‘n stad, skemer tot dagbreek
Sien mense op die plein, lag, huil en preek

KOOR
Die koninging van die stad
Besoekers dwaal oor haar blad
Sal bestaan tot die einde van tyd
Ken geen vriend,vyand of verwyt

Haar voorkoms verander dag na nag
Ligte skyn oor haar naakdheid en prag
Oranje na grys, steeds staan sy trots
Winter reen val sag, sag teen haar rots

Gevleuel deur die Duiwel en Leeu
Het skepe sien kom in die 17de eeu
Aardse wesens verweer tot stof
Sy waak oor ‘n stad, skof na skof

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top