Taalpurisme

  • 2

Ek is al dikwels hier beskuldig dat ek ’n taalpuris sou wees en dit terwyl my taal glad nie so ’puur’ is nie. Nee, ek word beskuldig van taalpurisme omdat ek ’n bohaai opskop oor die gebruik van Engelse woorde in Afrikaans.

Die einste mense wat aanvoer dat ’n renons in hierdie besmetting van Afrikaans oudmodies is, en ’n teken dat mens nie bereid is om ’saam met die tye te beweeg nie’, sal perfek Engels probeer praat. Om die waarheid te sê, hy is so begaan oor korrekte Engels dat hy eintlik sy kind in ’n Engelse skool sit (asof Engels as vak nou nie in Afrikaanse skole bestaan nie).

Ek het al baie gewonder hoekom die bruines so maklik Engelse woorde ingooi terwyl die sprekers van Standaardafrikaans, die oorgrote meerderheid Transvalers en Vrystaters, ’n weersin daarin het. Die antwoord is voor-die-hand-liggend: Die Engelse was die oorwinnaars in ’n oorlog teen die Transvalers en Vrystaters terwyl die bruines hulle saam met die swartes skaar en die Engelse as bevryders beskou (wat natuurlik onsin is; die Engelse het niemand hier bevry nie, inteendeel).

Dit is dus te verstane dat die wit Afrikaanssprekende ’n heeltemal ander houding teenoor Engels as die bruin Afrikaanssprekende het. Die witte is half allergies daarvoor om daaraan herinner te word dat hy ’n verslaan is terwyl die bruine dink dis grênd, dit is vir hom modern om Engelse woorde lukraak in te gooi. Vir die witte is dit besmetting, vir die bruine is dit oulik (en nog ’n soort van ’n middelvinger in die rigting van die Standaardafrikaans se gebruiker).

Terloops, hierdie houding kom ook in ’n groot mate by die wittes in die kolonie voor. Hulle voel nou wel nie dat hulle deur die Engelse bevry is nie maar soos die bruines is Engels ook vir hulle die ’in’-ding; al hulle wynbottels het Engelse etikette, so-ook hulle kase. Hierdie gesindheid word ook in hulle taalgebruik weerspieël; meeste van hulle praat soos Morjis in die Villa Rosa-storie.

Dus, die gebruik van suiwer Afrikaans is nie iets wat deur sogenaamde puriste beoefen word nie, dit is bloot ’n praktyk wat deur Armeniërs, Pole, Russe, Engelse, Duitsers, almal, ten opsigte van hulle tale beoefen word.

Jan Rap

  • 2

Kommentaar

  • Jan Rap

    Dit was nog altyd vir my vreemd dat die Afrikaner en sy taal altyd uitgesonder word en as verkramp,agter die klip,ens, beskuldig word,wanneer ons protesteer teen taalgebruik,afskaling van Afrikaanse universiteite en skole en al die ander aanslae.

    Dit voel vir my asof ons die enigste taalgroep in die land is,wat nie mag kla oor iets nie,net ons bekke moet hou en geen sê het oor enige iets nie.Ons is ook ons eie grootste vyand met hierdie houding waarvan jy praat!Afrikaans het sulke oulike woorde,wat gebruik kan word om besighede,produkte,wyne ens te benoem.Verbeeldinglose Engelse name vier egter hoogty.

    SA verloor sy uniekheid,deur so globaal te word en alles net in Engels te doen.Die ander tale suig ook maar aan die agterspeen en dis tragies dat daar nie werklik 'n wil is om dit te verander nie.

    Eentaligheid(lees Engelstaligheid)is ons voorland.Dit gaan nog 'n rukkie neem,maar die skrif is reeds aan die muur.Die Kolonialistiese Britse mag van destyds,het uiteindelik in sy doel geslaag om SA sonder slag of stoot,met behulp van sy ywerige inwoners,te Verengels!

    Groete

    Perdebytjie

     

     

     

     

  • Jy slaan die spyker op die kop Perdebytjie.  Mens mag bekommerd wees oor van die blou skoenlapper tot die reënwoud en jy word geloof.  Is jy egter bekommerd oor Afrikaans is jy 'n dehoehis, polities nie korrek en inklusief nie. En om nie inklusief (kon nou nog nie uitwerk wat dit eintlik beteken nie) te wees nie is erger as die eet van wurms.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top