Goeiemôre
Ek het ’n interessant navraag – wanneer gebruik mens “onverwagse” en wanneer “onverwagte”?
Hoor graag van julle.
Groete, Hanlé Basson
10Goeiemôre
Ek het ’n interessant navraag – wanneer gebruik mens “onverwagse” en wanneer “onverwagte”?
Hoor graag van julle.
Groete, Hanlé Basson
10
Kommentaar
Beste Hanlé Basson,
Dit doen my ou hart goed om te hoor van iemand wat nog so in taal belang stel. Probeer die volgende:
1. Maak jou eie sinne soos wat jy dink die woorde gebruik behoort te word.
2. Slaan na in verskeie woordeboeke hoe dit gebruik word.
3. Vra mense hoe hulle die woorde gebruik (hier op LitNet is 'n goeie begin).
4. Belangrikste is: dra 'n klein sakboekie en potlood met jou saam, en teken stilletjies op hoe mense dit gebruik.
5. Dan vergelyk jy alles met mekaar.
Sterkte!
Ns. Hoe ek dit gebruik? As alles windstil is en ewe skielik kom 'n rukwind op en klap al my huis se deure toe, is dit 'n onverwagse wind. Ek het, toe ek nog klein was, vir my ouma gevra waarom sy altyd so baie kos maak. Haar antwoord was: "Vir onverwagte gaste." Daarom aktiveer die woord "onverwagte" altyd by my "gaste wat onverwags opdaag". Kyk dus ook na onverwag x onverwags.
Hanlé, ek is nie 'n taalpuris nie, maar gaan tog 'n skoot in die donker waag. Wanneer jou skelmpie verwagtend raak is dit 'n "onverwagse" gebeurtenis.
Wanneer jou vrou egter op laat ouderdom verwagtend raak is dit 'n "onverwagte" gebeurtenis.
Wat van onverwagse/te verwagting/swangerskap? Baie sal sê daar is persone in gedrang, maw onverwagte verwagting? Wonder maar net...
Iets soos verwagtend klink nie lekker nie, want eintlik is vrou mos afwagtend?
Hans, my skelmpie is afwagtend dat ek my opwagting moet maak, maar nog sy is nog nie verwagtend nie.
Hans het 'n onverwagse meevallertjie gekry, maar toe kry hy 'n onverwagte besoek van sy skoonmama.
Angus, is jy nou soos Kaapse kobra, wil net pik en seil?
Hanlé, verstaan jy nou al die verkil?
Ja, baie dankie.
Lekker om almal se insette te kry.
Dit was eintlik 'n vraag wat ons klomp vriendinne tydens ons weeklikse drafsessie bespreek het. Een se dogter het 'n opstel geskryf en sy en haar man het gestry oor watter die regte woord is.
Drafsessie? Gaan lees Spreuke 28 vers 1. 🙂