
Foto: Canva
T
aaljuweel
By ’n hardewarewinkel in die 1980’s, Springbok,
vra ’n vrou vir ’n klein metaalhulpvoorwerp.
Haar bediener krap in ’n rakkie agter hom.
Draai om met iets tussen duim en wysvinger
Soietjie? (so-ietjie)
Sy bruingebrande gesig en arms is aards Namakwalands
Skepper van ’n taaljuweel, presies geslyp
My kosbare taal, juweeltaal
My geboortewêreld se Afrikaans
die vrou beaam dis presies wat sy soek.
Ek het selfs meer as sy gekry
My liefde vir die juweel is opnuut bevestig.

