Taal en motorvorm

  • 0

’n Motor se vorm verander periodiek, gewoonlik jaarliks.  Daar is egter fabrikate waarvan die ontwerp so stylvol is dat die ontwerp skaars verander vir langer tydperke as ’n jaar.  Die vorm en voorkoms kan ook verander vóór die periodieke ontwerpveranderings plaasvind – duike en skrape weens stampe, verf wat afskilfer weens blootstelling aan die elemente, verweer van die bekleedsel as gevolg van verwaarlosing, onderdele wat nie meer heeltemal goed funksioneer nie weens swak instandhouding ens. Die verandering op hierdie manier verteenwoordig verval en is iets heeltemal anders as die periodieke aanpassing van die ontwerp.

Hierdie is ’n gepaste analoog vir Afrikaans. Afrikaans het wel sedert Oom Lokomotief se tyd verander en vernuwe en soos tyd aangaan is daar subtiele veranderings aan die ontwerp van die taal. Die teenswoordige veranderinge in Afrikaans, die insluit van Engelse woorde, die Engelse sintaksis (met dit, vir dit ens), die losskryf van woorde, alhoewel geloof deur sommige akademici as tekenend van nie-stagnasie, is egter niks anders nie as die duike en skrape; dit is verval en agteruitgaan weens ons, die sprekers, se ongeërgdheid jeens die handhaaf van Afrikaans.

Jan Rap

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top