"Sy is die Noordewind" deur Maurice Fisher

  • 0

Sy is die Noordewind

Koor

Sy is die Noordewind wat deur die vlaktes waai
Sy is die een wat my hart laat bewe en my voete laat raai
Rigtingloos ek weet nie watter kant toe nie
Verstom geslaan
Weet nie of sy kom of gaan nie

Mooier as die lelies wat sy streel
Deftiger as die berge as ‘n heel
Net soms sigbaar deur die rook in my oë
Slaan my van my stoel af soos sy my asem steel

Sy waai oral, in en deur alles
As dit by my kom, gaan sy net om my
Ek smag na die omblik wanneer sy my aanraak
Seker die dag wanneer die vallei my loslaat

Koor

Sy is die Noordewind wat deur die vlaktes waai
Sy is die een wat my hart laat bewe en my voete laat raai
Rigtingloos ek weet nie watter kant toe nie
Verstom geslaan
Weet nie of sy kom of gaan nie

Sy weet net hoe
Ek is altyd laat, en sy bly vroeg
“Jy mis haar net”,  sy is alreeds weg
Dit is die storie van my lewe, dat ek na my liefde soek

Niks gaan my keer nie
Nooit sal ek leer nie
Al is sy uit my hande uit sal ek nooit ophou gryp nie
Sy behoort by my, en sy weet dit
As ek haar die keer vang is dit verewig

Koor

Sy is die Noordewind wat deur die vlaktes waai
Sy is die een wat my hart laat bewe en my voete laat raai
Rigtingloos ek weet nie watter kant toe nie
Verstom geslaan
Weet nie of sy kom of gaan nie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

Top