Sy hou van haar Cane (P)

  • 0

... Of, so het ek gehoor toe ek haar die eerste dag ontmoet het. Want jy weet mos maar hoe dit gaan as almal alles van jou af weet. Jy kan later nie jou gat draai nie of almal weet daarvan.

Poliesman se vrou. Harde poliesman se vrou, die soort poliesman soos die soort wat ons was of probeer wees het ’n leeftyd terug. Voor die onluste en die Caspirs en ons nooit normale polieswerk kon doen nie en toe bloot moes opdragte uitvoer. En toe dinge helemal loop staan en hanne uitruk het. Maar dis ’n ander storie, is dit nie?

Babs ken van jag en ken van met ’n jaggeweer skiet. Grootgeword as ’n plaasklong soort van met geweer innie hand. Maar Babs weet nie hoe om ’n pistool te hanteer nie. Annerdag weer die Polisie toets gedop soos sovele derduisende ander "opgeleide" beamptes. Nou moet hy weer "die donnerse ding" van voor af leer hanteer. Want Babs dra nooit ’n wapen nie. Boek hom sommer reguit terug in as hy aan diens kom. As jy vir Babs ken dan sal jy verstaan hoekom, en sommer verstaan hoekom Babs altyd as daar ’n lelike situasie is in die nanag uitgeroep word om te kom help. Soos net annerdag toe die manne in twee karre die slaghuis kom lastig val het. en weggekruip het vir die vangwaens waar geen gewapende beampte dit wou waag nie. Babs is daar in en het hulle so een na die ander uitgebring. Al pleitende en hanne onskuldig beduiende. Want jy weet mos hoe so ’n man lyk as hy "onskuldig" is en niks weet hoekom hy dan nou so hard geklap is deur hierdie groot man met die netjiese snor nie.

Babs werk lang ure. Bitter lang ure beduie ek hom annerdag. "Want ek staan hier vir 14 ure ’n dag maar jy vat die koek, my bra" beduie ek hom.

"Wat sou jy doen?" Beduie hy so met sy kop.

Ek maak of ek nie hoor nie en luister maar na Mammie hoe sy kla dat sy haar lewe moet afsloof vir ’n man wat nooit by die huis wil wees nie en eerder wil "loop rondhoer innie nag met sy poliesieforum dames". Ek kyk vir Babs en hy beduie dat ek mos weet dat sy hou van haar Cane. Ek drink nie Cane nie maar ek weet wat Cane kan doen as jy en hy alleen is. Hy sluk aan sy 500ml plestiek Coke botteltjie en ek weet dissie skoon Coke nie.

"Sien jy hierdie arm? Ek moet volgende week weer Bayview toe. Ek moet weer geopereer word, en waar is Babs? Aan diens. Altyd aan diens!"

"Jy moet onthou, ’n Poliesman is 24 uur aan diens, nè?" Probeer ek skerm en sy vloek vloeke wat ek hier kan herhaal maar spasie ontbreek. Ek probeer die weerlig aflei om te vra oor haar bene en sy trek haar skoene uit om te beduie hoe sy moet "suffer" so stoksielalleen. "Kyk net hier," beduie sy na die sole en ek kyk en probeer verstaan.

"Ag my Bokkie (hoekom is mans altyd "Bokkies" as die dop trek?) het jy nie vir my R60 lat ek vir ons ietsie kan loop haal nie?"

Ons gesels en ek hoor die honne gaan soos besete goed tekere en die deur klap oop asof iemand hom uit sy skarniere wil dwing en Babs beduie doodkalm dat dit Mammie is wat nou terug is. Met die bottel Cane. Sy beduie vir my: "Gooi" en ek kyk vir Babs en hy kyk annerpad toe sy beduie dat die hand te sag is om die glas. Ek verkleur bloot die goete en sy sluk hom af soos Oros. Sy val in haar stoel in en beduie dat ons nou vir die eerste keer in jare weer lekker gaan kuier. Ek lag in die rigting van die klok teen die muur en beduie dat ons more-oggend 4 uur al klaar by my Blou Dam moet wees want sy weet ook dat die Blou Dam nie geduld met laatslapers het nie.

"Ek moes vir vyf nagte alleen met my televisie sit. Dis net die kinders en ou Sakkie en die hele bleddie spul om my, julle sal sit want ek wil nou kuier." En sy beaam dit met watse "fokkers" mans oor die algemeen is en hoe kak die SAPD na hul mense kyk. "Jy moet onthou hier was meer as 10 jaar laas ’n werklike inbraak hier, laat staan nog enige ander misdaad," probeer ek en sy vloek nog sewe vloeke.

Babs beduie vir my baie later en ek maak hom stil: Want ek weet sy vrou hou van Cane en Cane is goed en wel as jy iewers op ’n strand sit en teug aan jou sundowner, maar as jy hom so by die bottel vat is hy op sy beste ’n bliksem. Hy los jou alleen as jy hom die nodigste het.

Ek het nie van die pastei wat sy uit die goedheid van haar hart vir my gebak het geëet nie. Jy sou ook nie as jy weet wat sy inhad toe sy hom gebak het nie.

oester

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top