Ek dink dat die populêre politieke konstruksie dat die meerderheid 'wittes' van 'n paar Indiese en Khoi slavinne afstam, is blatant vergesog. Sedert 1984, was gemengde huwelik weer wettig in SA en daar is nie 'n grootskaalse neiging na gemengde huwelike nie. Die VOC se maatskappybeleid was dat geen Europeër in 'n gemengde huwelik kon terugkeer na Europa toe nie. Dalk 1ste diskriminasie agv privaat maatskappybeleid. Verder was 'plase' as 15 jaar pag uitgereik deur die VOC. Meeste was arm Europese mans en vroue wat in diens was van VOC. Wit vroue was veral in diens van VOC vir afleiding van werknemers en matrose.
Die HWIK het forte in VSA gevestig en het handel gedryf daar, maar was nooit 'n koloniale mag daar in dieselfde era as HOIK aan Kaap betrokke was nie. Die enigste kolonie was Indonesië, wat die speserye-mekka was en die alleenreg op handel aan die HOIK gegee het. Die hele slawe-affêre aan Kaap was in verlede oordryf en die pokke epidemie van Khoi-Khoi, wat 90% van die bevolking uitgewis het aan Kaap, word nêrens genoem nie deur 'n orakel in 'n boek nie.
Jy ontken nie populêre politieke konstruksie nie en erken dat Nederland nie gekolonialiseer het aan Kaap nie. Tog ontaard jou skrywe tot vlak van ’n papsak-dronke se mentaliteit? 'n Openbare maatskappy wat aandele uitgee, kon beslis nie 'n regering van koloniale aard gewees het nie. Of ontken jy die feitlike bestaan van aandelesertifikate van die VOC? Ek heg die sertifikaat aan vir jou insae.
Ek wil nie geld mors op populêre politieke konstruksie boeke, wat geskryf word met weglaat van feite, om politiek van tyd te ondervang nie. Ek dink dat meeste wit dienspligtiges ook 'n bewering kan maak dat hul slawe by wetgewing van die NP-regime gemaak was, as dwangarbeid, as die res van bevolking so 'n 'reg' opeis met bv paswetgewing. Die munt hoef nie net 2 kante te hê nie, want dit het tasbaar 3 kante.
Hans Richardt
.jpg)

