Jou antwoord, 'n kolonie het mettertyd ontstaan, alhoewel Van Riebeeck nie gestuur was om te kolonialiseer nie? My punt was juis dat Nederland eers in 1815 amptelik ontstaan het. Dat meeste van die VOC-werkers juis nie Hollanders was nie, wat vanaf Texel na die Kaap gekom het nie. Dat die enigste koloniale mag in SA, die Britte was en dat ons Anglikaans/Anglikaners van tradisie en kultuur is. Jy het 'n vrye keuse ou bees, om te lees of nie. Dat ek en Jan Rap die ding van toeka tot nou bekyk het, met die ideaal van 'n tuisland vir wit Afrikaanses of nie.
Dit gaan daaroor dat 1ste 8 wit vroue saam met Van Riebeeck al in 1652 geland het en dat nie almal net van Krotoa en ander slavinne afstam, soos beweer is nie. My punt is feitlik, Nederland het in 1815 ontstaan en dat die Britte al in 1790's die Kaap annekseer het, toe die Kaap wat onder 'n bankrot internasionale maatskappy se administrasie was. Jy kan gerus al Giliomee se boeke lees, as jou feite. Jy hoef nie my briewe te lees nie. Ek word ook nie geboelie met dom beledigings nie.
Hans Richardt

