Jy as historikus, behoort deeglik bewus te wees dat die meeste VOC-werknemers nie-Hollanders was nie, agv swak salarisse en swak werktoestande. Dat die privaat weermag/ sekureitdiens van VOC uit huursoldate vanuit Duitse en Belgiese laelande was. My argument is in kort, die Nederland Republiek onder huis van Oranje, het in 1815 ontstaan. In die argument afrikaner vs anglikaner, is die engelse kultuur en tradisies dié van afrikaner/anglikaner. Die meeste werkers van die VOC het slegs burgerskap van 'n stad gehad, want nasionale burgerskap het nie bestaan nie, voor 1815. Tot 1790 was maatskappybeleid die wet aan die Kaap, sonder verkiesings. Ek balk en blaf, want as Piet Retief die vuurwapens aan Dingaan gelewer het, was hy nie 'n volksheld op rug van swart xenophobia (groot swart gevaar) gemaak nie. Net soos 'racheltjie de beer' ook nou net 'n sprokie is, is ander 'feite' dalk ook populêre politieke konstruksie om 'n 'volksidentiteit' te vestig? Jy het seker nie in jou doktorale geskiedenis verhandeling met die oudste VOC-aandelesertifikaat kennis gemaak nie? Maak 'n ou filmpie oor dit man.
Hans Richardt

