swygreg

  • 0

g’n getuie, van Wonderwerk, van U Almag,
Vader, mag maar net besluit, swygreg aan t’wend,
alle verwysings te verswyg, na Verhouding, Relasie,
tussen Skepper en Kjend, hoe Mens Mens Selwers,
uitroei, verwoes, vernietig, net vannie gras af maak,
als uitvoer na” Duiwelspiek”-vuilsiek, superhoog in skik,
meer ondergeskik, as ooit vantevore, in essens laat wik,
aan t’sluit by eksploitasioniste, rassiste, papsak-tolplaza-
paparazzi, geldjagters, bergbrekers, waar Khoibeeste,
zinkomo, rustig, hoog bo see, hul melkkliere gevoed’t,
nie bewus van spanne wat eendag kragte sou ingooi,
by span uitbuiters, oorlogmakers, filosowe, gelowiges,
van bo, uit “Duiwelspiek”, hoerlik, om “customer”, kliënt,
soos ‘n ongeluksmotorsleepwa, aasvoëlagtig, sou draai

bly Freedom Charter-, Bloedrivier-ideologieë innie bloed,
soos deng nu staat, Mens Mens Self mos net via Gewete,
uit dese Krisis, vrees, agterdog, skelmslinksheid, kan lei,
streskliere ooraktief, hormonaal disfunksionaliteit, eish,
hoeveel IT-apparate Mens bestraal, weet Mens nog nie

Mens wat ondersoek, sal ‘n weg dwarsdeur verwarring,
deur har en war, geharwar, konfusie, chaos, verdriet,
moet vind, moet uitvind, watter strategie in t’span,
premeditatief, progressief, Mens en sjatanspaadjies,
finaal moet skei, veel beter, Weg in te slaan, sountoe,
na Xanadu, na Jena, Utopia, Lewe Twee, Liewe Hemel,
g’n getuie het reg, regstegnies op swygreg te verlaat,
niemand kan ooit mede-Menslikheid opoffer, prysgee,
as teenvoeter, antitese, teenpool, oplossing, vir háát

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top