Dit was tog duidelik dat swart xenofobie nodig was in die apartheidgeskiedenis om die sisteem te bevorder? Piet Retief is ’n "volksheld" agv Dingaan se xenofobie teen hom en sy kommando? Hans "dons" de Lange wat ’n held in ’n paar veldslae in dieselfde tyd was, is nie met dieselfde heldeverering behandel nie, want hy het baie vroue gehad, oa ’n bruin- en ’n Zulu-vrou? Hy het na 1948 ’n akademiese dood as ’n feitlike leier van dié trekkers, gesterf. Feit moet nou van fiksie geskei word in die geskiedenis, sodat ons kan voortgaan. Is integriteit minder werd, as romantiese fiksie vir ’n politieke beleid? Tans is dit net ’n paar honderd "arm struggle heroes" wie demokrasie gebring het vir miljoene. Dis tog moderne romantiese geskiedkundige fiksie en ons almal weet dat die ou NP wesenlik die bevryding bewerkstellig het met eerstens die instel van 1984 3-kamer parlement en die ontbanning van organisasies met skrapping van apartheidswette. Die anti-apartheid-bewegings oorsee wat boikotte en sanksies oorsee bepleit het, het nie na 1994 hulself vir beleggings in 'demokratiese SA' beywer nie? In stede, gaan disinvestering voort in 2012 SA, met groter werkloosheid en armoede, as voor 1994. Nou ja, tans "trek wit afrikaanses" die wêreld vol, nes na 1812, 1902? So elke honderd word daar "getrek" en is dit net "bittereinders" wat bly sit. Ons nie-trekkers bly seker die "banggatte"? Soos wettige boere wat in die Kaap agtergebly het tydens "groot agternatrek" destyds? Was die miljoene wie nie in "exile" was nie dus "banggatte"? Wonder.
Hans Richardt

