Ek het my die afgelope paar jaar geleidelik van rugby distansieer. Kyk deesdae selde rugby. Het ook nie die DStv-boeket om dit te kyk nie. Ek besluit toe om Saterdag die Springbokke teen die All Blacks te kyk. Ry so ewe na skoonpa toe. Ek skakel die ketel aan en maak tee.
Die eerste minute lyk belowend. Hier kom 'n ding. Maar o wee. Die hoop beskaam. Ek staan maar op en wei tussen die inwoners se woonstelle rond wat nie voor die TV sit nie.
Ek het vrae wat onbeantwoord bly. Niemand kan of wil my onsekerheid/onkunde laat wyk nie. Ek is eerstens verslae oor die telling. Ek was sowat 'n maande of wat terug by Kearsney Kollege toe hulle teen Maritzburg College gespeel het. Ek het na 'n aangetroude familielid se seun se wedstryd staan en lye. Toe hulle teen halftyd 50 nul voorloop toe kom die Kearsney span se kaptein en sê, genoeg is genoeg. Hulle hou op om te speel. Hoekom het die Springbokke nie dieselfde gedoen nie?
Daar speel ongeveer, waarvan ek weet, sowat 60 Suid-Afrikaners in die buiteland. Hoekom?
Ek is bevrees ons trots en laaste "bastion" is nou einde ten laaste in die grond in vertrap en verguis. My vraag aan SARU oor die besluit dat die Springbokke in rooi truie speel is ook onbeantwoord.
Reusedwerg


Kommentaar
Viva Bontebokke viva
Hulle speel in die buiteland want hulle word beter betaal, het beter loopbane, woon en werk beter, hul families is veiliger, hul beroep, opleiding is meer professioneel en hullle word gekies volgens hul vermoëns nie kleurkwotas nie. Wat is nie te verstane nie? Ek sien terloops 'n samoosa het drie punte meer as die Bokke.