Sunnyside

  • 1

Gister moes ek na Handel en Nywerheid se kantoor in Sunnyside gaan. En dit het my verbaas hoe Sunnyside ten goede verbeter het. Daar is steeds winkels wat soos ‘n seer vinger uitsteek, maar dit is duidelik dat hulle deur verbeterings verbygesteek word.

My grootste verbasing was die Cubana wat soos ‘n reus oorkant McDonald’s uitgetroon het.

Cubana? Is dit dan nie die yuppie-plek in Groenpunt, Menlyn, Morningside in Durban ensovoorts. Sunnypark lyk ook goed en sy vakante ruimte is minimaal indien ‘n mens dit vergelyk met Menlyn, The Grove of Brooklyn Mall.

Een ding wat die stadsvaders egter kan oorweeg is om Robert Sobukwestraat (Esselenstraat) permanent vir verkeer te sluit en ‘n voetganger-deurgang daar op te rig. Dit sal die omgewing dalk net vriendliker maak. My reis deur Sunnyside het egter weer die woorde van ‘n vorige Senet-skrywer, Ray, laat dink – en die se sterk argumente rondom die buurt.

In die hoofstraat is daar egter sterk tekens van die kosmopolitaanse invloed uit Afrika. Verskeie koswinkels waar jy Afrika-geure kan ruik. Net soos sommige geboue nog ‘n lelike kleur aan Sunnyside gee, insluitend woonstelle, net so is dit regtig ‘n pyn is.

Die les is egter dat Sunnyside stadig besig is om te herstel. En soos in Kaapstad veral, voorsien ek dat ontwikkeling in die gebied kan plaasvind wat huis/woonstelpryse die hoogte kan laat inskiet asook huur op stoot.

Sunnyside behoort teen die huidige pas ontwikkeling in Tshwane ‘n hupstoot te gee.

Yuri

  • 1

Kommentaar

  • anthony Wilson

    Yuri, jy moet die toer snags waag. Jy sal gou agterkom waarom baie dit deesdae die scummyside noem!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top