suiw’r “isiBhulu”

  • 0

Millennium Drie status-afskal’ng, v’n moed’rtaal,
Self-d’struktief, lot nu oorg’laat aan b’leidsmak’r,
taalwaghond toe glattie, soos v’rwag, taalb’wak’r,
aysh, taal-, nes g’loofstryd’r, voortyd’g aan’t faal

jinne, Afrikaans, inne segregasieboks ing’prop;
op’rasie uitwis, stap een: intensief pejorativeer,
g’voel, versus “ilwimi lweenkobe”, nu opg’krop,
Afrika-taal, ja, totte “Boerklongtong” d’gradeer

vryheidsvegt’r, freneties, haat dogmaties toepas,
taal definieer, ing’volge illusie, v’n “ras”-’n-“klas”,
as sosiolinguïstiek wet’nskapl’k ma’ so eksak was

Mens, pro veritas, vol bravado, soos bossies Biebouw,
skok, v’rbas’ng, op mede-inwon’rsg’sig moet aanskou,
“Duiw’lspiek”-taalleraar glattie innie minste t’v’rtrou

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top