Ek wonder waarvan ek gerehab moet word? Ek het myself lank terug al "gerehab" van alle "politieke korrektheid" of "sjarme". Ek luister nie, wroeg nie oor pomp afrikaanse kareoke nie en lees nie afrikaanse wroeg oor pomp nie. Ek pak sommer dié "bul by die horing" en kry die meganika verby. Behalwe dat ek sukkel met ’n waterlek op waterpomp van motorfiets, het ek nie veel ander dinge om van te kla nie. Hand werk goed, behalwe as te veel rooivleis my gout gee in dié hand. Ek het lankal besef dat eenvoud die lewe maklik maak.
Hans Richardt


