Suidwester, geloof en mooi vrou?

  • 0

Geloof is soos ’n mooi vrou. Om vir ’n “wedergeborene” die feitlike probleme uit te wys, is so futiel as om vir ’n verliefde man te sê dat sy mooi verfynde nooi stink skuit en hard poep in die toilet. Albei oordeel jou en baie wil jou moer. Die feit is, dat vandag se geloof net op geskrewe hoorsê geskrifte gebaseer is en geen geloof kan deur enige hof as getuienis aanvaar word nie. Sal Mohammed, Moses of Jesus viva voce kan getuienis gee in ’n hof? Alles in “Bybel” is deur 2de en 3de persoon geskryf. Was hul almal god om sy eie woorde in ’n gedagte-dagboek te skryf? Predikante en predikers is roekeloos met hul uitsprake, dit grens dikwels aan oordrewe grootpratery van ’n boelie. Jy is “satanis” verdoem tot die hel, as jy nie blindweg glo wat hy of sy kwytraak nie, met crimen injuria.

Hans Richardt

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top