Suid-Afrika se Woord van die Jaar vir 2013: Wenner aangekondig!

  • 2

Annelien Diedericks se woord en haar motivering daarby het die redaksie se aandag getrek. Sy kies die emotiewe "e-tol" en wen R3000 as prys. Baie geluk, Annelien!

 

 

Wat is Suid-Afrika se Woord van die Jaar vir 2013?

Selfie is die Oxford-woordeboek se woord van die jaar. Wat dink jy is die Suid-Afrikaanse woord van die jaar? Laat LitNet weet en jy kan R3 000 wen. Stuur jou “SA Woord van die Jaar” plus motivering aan: litnet@litnet.co.za.

Inskrywings

Annelien Diedericks

Dis ’n woord wat Suid-Afrikaners laat rondtol van woede, veral politici, ekonome, klein-sakemanne/vroue en elke jan-alleman.

Die woord waai genadeloos en doelloos soos tolbosse deur wetboeke, hofsake, nuusberigte, en tv-advertensies.

Die woord sorg vir samesnoering van vakbonde en politieke partye oor grense van taal, kleur en politieke sienings.

Die woord vra vir eendrag, padversperrings en boikotte.

SA Woord van die Jaar is: "E-tol"


Morné Malan

"e-tol", of in Engels, "e-toll"

Miskien nie die oorspronklikste woord nie, maar wel die mees kontroversiële. Almal het dit ten minste een keer oor ons lippe geneem in 2013 en byna nooit binne ’n positiewe konteks nie. Inteendeel, die woord word dikwels deur ’n kragwoord of twee voorafgegaan.


F Bothma

My voorstel is "neo-apartheid" want oral en deurentyd word die ou apartheid blameer met nuwe toespassings in 'n sogenaamde demokratiese bestel, dus: as niks verander nie, bly alles dieselfde! "Apartheid is dood - lank leef neo-apartheid!"


Kate Bester

"Braai", baie beslis want:

1. Die woord het geen verduideliking nodig nie en is internasionaal bekend

2. Mense van alle rasse/tale hier  gebruik die woord as hulle gaan vleis braai

3. Dit kan 'n s nw 'n ww 'n b nw wees en steeds die liplekker betekenis behou.


Koos Kombuis

"hidrobreking"

Motivering: want dit suig.


Earl Ceasar

“Mapuza” ... This means: "Police"

I chose this word because of its originality, you don’t get it anywhere else in the world but in SA and this terminology it's very synonymous in the streets and townships.
In simplicity it’s a code name for police officers ...


Etienne Bruwer

Twee woorde staan uit in 2013.

My nominasie:   "Toep"

Hier-en-nou, hedendaags, dui op Afrikaans se ratse aanpasbaarheid, innoverende moderniteit en lewenskrag;  as kind in die kroos van kuberAfrikaans, bevestig/beaam/beklemtoon  “TOEP” Afrikaans se digitale taaltoetrede; TOEP volwaardig kuberAfrikaans.  
Voorts rol dit lekker van die tong af ; en bied jou die  'p' van 'App', aan die einde -  om mee toe te maak. Dis ook 'n lekker klankfamilielid -  in samesyn met algemene gebruikswoorde  soos “roep”, “loep”, “poep”, “soep”,   en ook met vroeëre, ouer, klanknabootsende verkortings: “Doep” (Du Plessis ), “Tjoep” ('stil' of 'binneband'), “woeps”.  

Tweede nominasie: "Bekdrywer"

Hierdie tweede woordkandidaat is bloot vir die lekker; gebruik daarvan is veel kleiner van omvang, as streektaal;  in Mitchell's Plain word “Bekdrywer” redelik algemeen gebruik in lieu van 'back-seat driver'.

Geniet -met taalsaluut!


Loammi Wolf

"Marikana"

Marikana is die ANC-regering se Sharpeville.

In beide gevalle is ’n regterlike kommissie van ondersoek ingestel.

Maar wat die regters ook al sê: die trauma en ontnugtering bly geëts in die kollektiewe geheue.


Phumzile Sokhela

My SA Word of the Year is "nkandla".

The meaning of the word: "an item paid for by someone else that is expensive, stands out in any crowd but should not be eyed with a view of exposing its vulnerability and will continue to cost the paying party who is not the owner of the item for the rest of their life".

Used in a sentence: "I will never have children, have you seen how nkandla school fees are these days?"

I hope this makes it!


Gerhard Laubscher

Die woord van die jaar moet “lekker” wees.

Die woord versinnebeeld die lewenswyse in Suid-Afrika. Dit rol maklik van die tong af en word deur al die bevolkingsgroepe gebruik. Geen samelewing is perfek nie, maar vra enige persoon hoe gaan dit en jy sal hoor: Lekker man lekker.


Fanus Bothma

"Betogerkraties"

My voorstel is "betogerkraties" want onder die dekmantel van die demokrasie kry die mens sy sin deur deurentyd te betoog (in opstand te kom), want uit die "demo" van "demokraties" kan die betoger of demonstreerder geneem word en die "kraties" die aksie wat die betekenis van sterk, kragtig, gespierd, ferm, vurig, gedugtig of versterk oproep.

Dus 'n gedugte teenstander vir iets of iemand wat in konflik met die betogers staan.


Lynette Ward

My suggestion for the South African Word of the Year would definitely be “Funsunsea”.  (Fun-Sun-Sea.  This depicts the “Real” South African Lifestyle and is most definitely the South African Word of 2013.  I love it!!!

Thanks, Take Care and have a “Funsunsea” day!!!!


Fanus Bothma

"Malema" as 'n werkwoord

My voorstel is "malema"  as 'n werkwoord, byvoorbeeld "ek malema jou - dus: ek mesmeriseer jou met voorkoms en pronkpratery wat eintlik niks beteken nie. Soortgelyk aan 'n malapropos.


Sulet Linde

Ek stem dat die gehate "e-tol" die Suid-Afrikaanse woord van die jaar is. Dit is tans op almal se lippe veral noudat die Minister van Vervoer bevestig het dat dit amptelik op 3 Desember 2013 gaan begin. Reg deur die jaar is die woord rondgeslinger in vurige debatte, gesprekke en in die nuus. Daar is nog hewige teenstand en die mense in Suid-Afrika oftewel Gauteng sal alles in hul vermoë doen om dit teen te staan.


Rashid Martin

“Beebee” – To send a message via Blackberry Messenger Service. This term has become so common in South Africa and is used by all race groups across a broad spectrum of ages. Blackberry phones have become South Africa’s most popular phone and it has become quite common to see people holding a third party conversation with someone else via beebee  much to the amusement or annoyance of those present.  


Joan Hambidge

Die woord van die jaar is “geweld”.

Emosionele geweld, fisieke geweld, seksuele geweld, landskapgeweld (hidrobreking), institusionele geweld (soos korrupsie of bedrog), woordgeweld (Facebook) het so deel van ons lewe geword, dat ons afgestomp geraak het vir enigiets positief.

Moord, verkragting met ’n groot aantal jong mans en ’n skoolkinders wat van moord of poging tot moord aangekla word, is tekens van hierdie geweld.

Die beeldhouwerk van Jane Alexander en “Die Antwoord” vergestalt dit en word opgeteken in ons letterkunde met vele misdaad- en speurverhale wat tans gepubliseer word: van Deon Meyer tot Etienne van Heerden en die digkuns gebruik titels soos “Nadoodse ondersoek” en “Donkerkamer”.

Elkeen van ons ken iemand wat vermoor is of is bekend met die familie of vriende van ’n persoon wie se lewe met geweld tot ’n einde gekom het.


Annette de Wet

By my bestaan daar geen twyfel oor die woord van die jaar in Afrikaans nie: "googleloer". Dit is ’n werkwoord in Afrikaans vir google wat resoneer met die pragtige en bekende Afrikaanse woord om te "koekeloer".

Hoe kan jy dit tog mooier sê: “Ek het gister vir John F Kennedy ge-googleloer en kan jou alles van sy sluipmoord vertel.”


Njabulo Mbuli

"Freeborn" - This word describes to me how a new generation has freeborn rights, children born in 1994 have matriculated and are at the helm of a new era.

My name is Njabulo Mbuli, and I'm almost a freeborn lol. DOB - 93/01/13


Kimone Webster

I think that "mxm" is SA's word of the year, it is 100% African and used mostly by South Africans on social networking sites!


Karien

Suid-Afrika se woord van die jaar? "Braai"!!!! Want geen ander taal verduidelik daai woord beter nie. Dis die nr 1 manier hoe Suid-Afrikaners sosialiseer, kom reën of son, braai sal ons braai! 😉


Chris Erasmus
   
Een van my gunsteling-woorde, nie net vir die jaar nie is: “karnuffel”. Ons word van alle kante af karnuffel. Die lewe karnuffel ons, die regering, die ontvanger, die supermarkte, die Arabiere met hul oliepryse, die Springbokke word karnuffel. Almal word karnuffel. Die tollenaars gaan ons karnuffel.


Sven Williams

"PING"

Originated from the Blackberry Messenger App. To  “PING!!!” is to alert someone that you want their attention for something (the PING replaces the “please call me” as it can be used countless times from Blackberry to Blackberry, now available on Samsung too.

For instance:
Person 1: I’ll be in a meeting/church/sleeping and my phone will be on silent.
Person 2: If I need to get hold of you I’ll PING you.


Sven Williams

"Skotana"

Young guys flaunting their parents’ money and spending/wasting in in the most ridiculous ways.

They normally wear expensive designer clothing and drink expensive alcohol, they attract attention by doing weird things like wash their hands with expensive whiskey or ripping up their expensive clothes for everyone to see.

Whenever someone is acting like this people will refer to it as Skotana tendencies.


Stoffel Cilliers 

My keuse as SA Woord van die Jaar vir 2013:

"Rugby"

Suid-Afrikaners van alle kultuurgroeperings word oral verenig deur die voortdurende opwinding, soet en suur van rugby. As ons nasionale sport lok rugby miljoene rande by wyse van borgskappe en TV-dekking. Die assosiatiewe waarde van die woord op velerlei terreine kan nie te hoog geskat word nie. Die vyftien suksesvolle rugbyspelers op die veld geniet Saterdagmiddae meer aansien en bekendheid in die samelewing as al die duisende hardwerkende toeskouers wat na hulle kom kyk.


Lerose Mhlanga

"Idunudunudunu"

I invented this word for my single that's available on iTunes & Amazon.com. Idunudunudunu is an African dance whereby you dance shaking your bums.


Pieter Johnny Plaatjies

"Believing"

This word to me means that, believe in yourself, no matter how many times you fail and fall, you must always find a way to get back up and fight for what you believe in, what you stand for. If you have a dream, setbacks is the last thing that can get you down, if you start believing you can do more, nothing can go wrong.


Lindokuhle Lindor

Word of the year is "RAPE"

Reasons:

- South Africa has had a lot of Rape incidents this year.

- A lot of young and old people found murdered and also 'Raped'

- Many of South African men jailed for 'Raping'

- 'Stop Rape Abuse' campaigns created to decrease the number of rapes in a year/Rape awareness, and as we know 'Rape' incidents happen in every 60 secs of our lives.


Sheritha Singh

"Deets"

Abbreviation for details. Popular in blogging circles.


Marinus (Sonder 'n E-toll-skyfie) Uys

My woordkeuse vir Suid-Afrika vir die jaar is: "E-toll". Min woorde kan soveel passie optower soos die woord E-toll. Die sosiale netwerke gons al die hele jaar, elke water-gat (van korporatiewe tot brandewyn-en-coke tipe), mense in Taxi’s en veral joernaliste praat van E-toll.


Adriaan Coetzee

Woord: "Zumaville"

Rede: die mees interessante en grootste geheim in Suid-Afrika: Nkandla.


Christiaan Boonzaier

SA's word of the year: "Nkandla"

Why? No explanation needed. The explosive word says it all.


Sanabelle Ebrahim

I wish to submit ‘Funshine’ for consideration as the SA word of the year.

Funshine

A play on the common adage ‘Fun in the sun’. The expression radiates with beaming sunshine splendours. Sea, sun and sand coalesce on the tides of funshine. X-citement peaks in dazzling gloriosity.


Mikhail Peppas

I wish to submit 'Wisheroos' for consideration in the SA word of the year contest.

Wisheroos

A fun-filled double-take on the closing greeting ‘wishes’ common to online chattings and correspondence. ‘Wisheroos’ evokes an emotional leap into heart-skipping foot-tapping joviality. The term finds festivity in every scenario. A feel-good gesture for all seasons.


David-John W Bailey

Howzit!

Yes I just greeted you, but that’s also my suggestion for “SA word of the year”. It sounds so Afrikaans to me and even though I love English, as it’s my 1st language and such an eloquent tongue, I am also proud of my Afrikaans upbringing. I try to speak Afrikaans every opportunity I get and “Howzit” has become such an integral part of my opening repertoire, that I could say it borders on the subliminal. Also, it bridges the gap between culture and language.

 

Just try it on a Foreigner if you don’t believe me 😉


Brett Beiles

Funsunzi is a new word in the South African lexicon.

It looks indigenous, sounds indigenous, feels indigenous – is indigenous.

A combination of fun + sun + zi (for sea), it was first coined in and for Durban.

This expressive word is now trending well beyond Durban – to describe every fun, sunny seaside resort in the country.

Funsunzi is thus my nomination for SA’s 2013 word of the year.


Christo Viljoen

SA Woord van die Jaar: Zumafia

Die groepie wat saamkoek rondom SA se president om te

· sorg dat hy uit die hof bly,
· sy uitsprake met omvattende verduidelikings eksegeer om te verduidelik wat hy eintlik bedoel met dit wat hy sê wanneer hy van sy geskrewe teks afwyk,
· en wat verseker dat Nkandla se bekostiging Suid-Afrika se bes bewaarde geheim bly.


Mthobisi Glen

"Mandela" is the name of the new money of South Africa so this is the best word of the year so people will know if a person is talking about
Mandela he or she is not talking about the real Mandela but money.


Bets Prinsloo

SA Woord van die Jaar:   KOKKEDOOR - want slegs 'n pronkerige goue haan kan 'n sjef/kok se meerwaardige  houding beskryf!


Giovanni Coetzee

Gupta

It is so funny that the Gupta's just keep on coming up along with our very own Jacob Zuma, getting entangled in all kinds of drama this year. From weddings and landing zones (guptagate) to mining, denial and simply just keeping silent! Should be a TV series!


Eep Francken, Leiden:

- drukkiepaus, die nuwe paus: hy wil skynbaar vir iedereen ’n drukkie gee / almal wil hom ’n drukkie gee
- toep en slimfoon, twee woorde wat ons in Nederlands ongelukkig (nog?) nie ken nie

 

Inskrywings op Twitter: @mylitnet

 

Sluitingsdatum: 17 Desember 2013.

  • 2

Kommentaar

  • Ag, nee, mense! Die woord van die jaar is "dinges". Ek het nou die dag amper my dinges afgeskrik. 

  • Avatar
    CorneliusHenn

    Hoekom moet ek die een wees wat weereens die gedagtes moet uitvars? ... "sexting" ... soos in SEXTING!  is gewis die woord van die jaar ... nie dat ek juis 'n benul daaraan het nie - maar dis voor, agter, bo, onder (selfs weerskante van die mishoring) ... oral waar ek op en af, heen en weer tussen die kommentare op soek na 'n bietjie saad rond skrop ...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top