Stywelip Soene
Bêre jou stywelip soen vir jou ouma
en die lekker knus soene vir my
Gee my ? stywe drukkie
en laat gou die strydbyl vry
Sit tog by my vir ? rukkie
hou my hand vas voor jy ry
REFREIN:
Want die son en die maan sal bly
al gaan daar ook tyd verby
En die see sal ons steeds bekoor
al kan ons dit soms nie hoor
Nou sit ek op die dak en dink
en ek wonder waar jy nou rinkink
En ek wonder of jy regtig weet
dat ek jou nie kan vergeet
Terwyl die maan so helder skyn
voel ek die hartseer het my beet
REFREIN
Toe die aandlug my begroet
wonder ek oor my weemoed
Verlang ek steeds na ? knus soen
Weet die vuur is uitgewoed
Bring vir my ? seekatdruk
Jy kan maar net weer saggies roep
REFREIN:
Want die son en die maan sal bly
Al gaan daar ook tyd verby
En die see sal ons steeds bekoor
Al kan ons dit soms nie hoor
Dis net jy na wie ek smag
Al moet ek soms so lank wag
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


