"Stukkie goud Suid-Afrika" deur Michael Strydom

  • 0

Geskryf vir: Alle kunstenaars

Vers 1:
Wat anders kan ek doen as om net terug sit en sien hoe die sonde ons mooi land opvreet
Ek weet ons is heeltemal aleen sonder jou
Dit was nie my bedoeling nie maar seer kry is deel van die lewe

Jou yskoue groot waters in jou Weste en warm uitstralende liefdes stroom van jou Ooste
met Kaap Augalas wat hierdie Oostes liefde en westes koue sien bots
Die vuurwarm Kalahari waar die Khoi-San die Boere met oop harte aanvaar
Waar dit nog gebroer en suster word en die jong klomp dierbares genoem word

Koor:
Jou grasgroen vlaktes, jou droeë Karoo waar die jakkalse marakkas en jou waterstrome en watervalle
net na jy jou trane uitgestort het oor jou stukkie goud Suid-Afrika

Hier in ons land waar die Here om 'n fafel kom sit het
en die skoonheid eens aanskou het as 'n meesterstuk uit Sy hand
Nou is daardie berg toegegooi onder 'n wit tafeldoek
'n Tafeldoek wat nou smoor van net die sonde
Maar vergifnis is net 'n probleem tussen ons mense
want ons Hoof van die tafel het lankal vergewe

Jou grasgroen vlaktes, jou droeë Karoo, waar die jakkalse marakkas en jou waterstrome en watervalle
net na jy jou trane uitgestort het oor jou stukkie goud Suid-Afrika

Ons land is ons land en maak nie saak hoe sleg dit gaan nie
ons staan vas agter jou my Suid-Afrika

Jou grasgroen vlaktes, jou droeë Karoo, waar die jakkalse marakkas en jou waterstrome en watervalle
net na jy jou trane uitgestort het oor jou stukkie goud Suid-Afrika

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top