stryt, strytb’slyt t’bslyt

  • 0

amandhla ngawethu, phambili, Mens, abasebenzi,
v’rgeet van Mangaung, Stalinis-orkestrestering,
sedert Grondwet-tyd leg land sonner fondasie,
hoev’l wingerd word vrugbaar, vrugtig, soet vrug,
cinga, ujapi plaasjapie, noggie yt baasskap ytie,
noggie naastenby transformerend geïnformeer,
re Lewe Twee Lewe, Visie vanne beter lewe,
vir elk inwoner, burger, mede-Mens, Naaste,
reg op waardigheid, medemenslikheid, ubuNtu,
terwyl pejorativering, taalg’weld, neo-uitbuiting,
onnerdrukking van alle “isiBhulu”-sprekers, eish,
“Boesman” vas innie stereotipe, “natuurmens”,
Homo Sapiens Sapiens noggie lief vir naaste,
speelveld noggie g’lyk g’maak, nie naastenby

val kapitalis immer t’rug, op “ras” en “klas”,
anti-Zabalazalisties g’fokus op groei, effek,
hul “Duiwelspiek”-dissipelskap so onvanpas,
figureer NDR nie op’l GPS, magsbouprogram,
sien ingeligte Self hoe diep’s Mens innie drek

raak Self-destruksie hele stelsel, nie net een,
struikelblok vir g’nesing, v’rsoening, vrede,
regoor wêreld skarrel huisloses in stede,
struktuurg’weldsb’wind nie gou uitfaseer,
nie met “Duiwelspiek”-spiritualis in b’heer

hoekom moet biljoene, submissief, allie pyn vat,
hoe kan meerderheid meerderheidsmening b’vry,
enigste konstante, v’randering, gat glattie wegbly,
as minnerheid ma’ net innul v’rstand, kop, kan kry,
intellektueel, emosioneel, spiritueel, nogge lang reis,
Mens ligjare ver verwyder van Visie, van Uwe Paradys

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top