struktuurg’weldstsunami

  • 0

dommies ka ôk mos “g’digte” skryf,
hul poespaspoëtast’rgploet’ry b’lyf,
tik Mens Self mossie innie skanne,
vloei g’dagte-tot-woord yrie hanne

v’rsak’ng v’n vryvers; rymv’rpligt’ng,
woordkuns ’n jazzm’tazz ontvlugt’ng,
nessie Ratio: Skepp’r tot Sy Skeps’l,
ontvang Spiritueel Pot okke deks’l

ding is dié, Mens laaiks stereotipeer,
ann’r inne “Ann’r”-boks in segr’geer,
mede-Mens tot markprys t’reduseer,
struktuurg’weldstsunami sonn’r keer

Afrikaanse woord wat rym m’t “oorlog”,
wys wes’nl’k Mens-essensie: “v’rknog”

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top