Millennium Drie Lewe’s vir Homo Sapiens g’n spel,
struktuurgeweldshel’s nie vir verpamperdes, sissies:
“Duiwelspiek”-dissipelskapsgeslag missionarici,
“ras”-eg pleknaam, nie net verbeel, beplán,
paloekas, moegoes, mamparas, anti-pro’s,
sonner insig in hul eie innerlike, verborge,
vasgevang in outyds superioriteitsindroom,
illusie, van “ras”, “klas”, “Ekonomie Twee”,
eish, van geboorte af in-Kapitaal-in vervleg,
stelsel waarmee Mens Mens Self, destruktief,
verniel, ontsiel, submissief, Gewete oorgee,
waarop, en -aan, Mens so afhanklik, geheg,
ka’ raak, ka’ Mens ma’ slag opreg, eerlik,
konfessioneel, WVK-lik, bely, sonner stry,
sonner baklei, oorlog verklaar, spioeneer,
sonner allie nare naarhede, vuil vullisreste,
hartseer-pyn-‘n-verdriet, van apartheid,
toestand, van sosiaal afgesonderdheid,
anti-patriotisme, supersado-masochisme,
op hul heel gewetenloos, besete beste
oral reste van onkunde-ontkenning,
boosheid, Gewete-loosheid, Mens,
van ultra-submissiwiteit, aan sjatan,
demoon-ikoon, so ikonies verhewe,
bo Moeder, bo Stad, bo “gelowiges”,
“Duiwelspiek”-paparazzi, spinsangomas,
filosowe, teoloë, historici, regslui, leiers,
van “Duiwelspiek”-sieklik onmensdom,
vol trots op Self-destruktief pejoratief,
op stereotipe, toepaslik, in legpatroon,
van veralgemening, geyktheid, sjabloon,
voorafbepaalde, pregedetermineerdheid,
paradigma, denkpatroon, ideologie-boks,
‘t strategies aan t’wend, so simptomaties,
van supra-struktuurgeweldsisteemdromers
eish, as inkommers al dom gekom, versin,
wou graag‘l Self neo-geneties onderskei,
“Afrikaners”, al’s meeste “mieks masala”,
voorvaders het mos met slawe geteel, ja,
ander Kontinente te kultureel-afstandelik,
verby te ver, sosio-geografies verwyder,
suis vastelandstaal nog so isiBhuluïsties,
boers, oor hul lippe, verby hul tanne, ai,
party dae verlang’l na iets onbeskryfliks,
byna net so vaag soos hul eie identiteit
Jacobus Faasen

