"Struggles en Strife" deur Elaine Bezuidenhout

  • 0

Struggles en Strife

Ek was mooi en jy was skaam
Ek het jou asem weg geslaan
Jy was myne en ek was joune
Ons al twee was baie lief vir mekaar
Maar die stuggles en strife was altyd daar

Ek was ontrou en jy was ? drinker
Jy was aggressief en ek ? diep dinker
Ons al twee was baie lief vir mekaar
Maar die stuggles en strife was altyd daar

Ek was ? dromer, jy was my bystand
Ons het strande deurloop hand aan hand
Ons al twee was baie lief vir mekaar
Maar die stuggles en strife was altyd daar

Ek was depressief en jy was moeg
Ek by die huis en jy in die kroeg,
Darem was ons twee nog lief vir mekaar
Maar die struggles en strife was nog steeds daar

Nou is jy iemand wat ek nie ken nie
Iemand met wie ek nooit die struggles kon wen nie
Ons het geskei en dit was swaar
Want die struggles en strife was altyd daar

Nou is ons twee saam ander mense
Diep dinkers, groot drinkers, met spyt en wense
Ons was darem altyd lief vir mekaar
Maar die struggles en strife was altyd daar

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top