
Foto: Canva
Strompelende gedig
nou moet hy sy gedigte reinig van sug wat sypel
die wonde behandel teen skilferende genade
want ingebed in hiérdie verstikkende ure
liasseer hy bewysstukke van vergaan
chronies tussen hoogskrif en voetskrif
in sy teater van kliniese ontleding
heg hy gebreekte woorde en inspirasie
tot die tekstuur van motgevrete versverbande
nes spinnerakdrade gespan is
en boodskappe fyn blink in weerstand
met die helende krag van deernis
tot die suiwering van alle swere


Kommentaar
Mooi, Marius, ek lees weer meer hierin en dit is wonderlik saamgegooi tot 'n skoen wat kan pas – jy is 'n meester met hierdie woorde van jou; ek geniet dit so.