streng voorb’hou

  • 0

Mens lief v’r regstegnies definieer, herformuleer,
pros’deer, dié wie’l nie aan snert wil submissiveer,
def’n’tief probeer, G’wete-herwinn’ng t’preventeer,
Skepp’ng, Skeps’l, millennia al buite Skepp’rsb’heer

eish, Millennium Drie “Duiw’lspiek”-v’rkrimpte onkund’g,
onkund’-ontkenn’nd, Self-d’struktief, ultra-oorlogsugt’g,
strak onb’komm’rd, re lotsal’gheid v’n mede-Aardwese,
amp’r om’t ewe, onn’rgang óf oorlew’ng, dié die keuse

gaat ta glo oppe moersk’ trip, sensasioneel, kwasi-spiritueel,
word lew’nslank g’spaar, virre b’soek aan Aardsheil’g Stad,
kortstond’g t’kan wand’l, blaaskans t’vat, op Profeet se Pad,
kort na t’rugkoms, g’wet’nloos, al weer uitbuit-spel t’speel

op Paradyshek, nes in wolklett’rs, spierwit op hemelsblou,
’t duid’l’k staan, in allie tale: “Reg van toegang voorb’hou”

Jacobus Faasen

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top