"Storieboekliefde verby" deur Rob Nel

  • 0

Storieboekliefde verby

Ek kan nog goed onthou, kan jy?
Die eerste keer toe ek jou vashou
Ek was so seker die gevoel sou ? leeftyd hou
Jy was my Juliet en ek jou Romeo

Kan jy my ook nog onthou, kan jy?
Dit was liefde met die eerste oogopslag
Jy’t my wêreld tot ? halt gebring
en dit was maar net die begin

REFREIN:
Ek en jy, voor jy en hy
Toe niks ons liefde kon onderkry
Jy was altyd net die een vir my
Ek het so gehoop ons was OK
Maar nou is net nog ? storieboekliefde verby
Net nog ? storieboekliefde verby

In ? tyd voor jy en hy
Tot die dood toe getrou aan my
Was ek ook eens als vir jou
Hierdie liefde moes ? leeftyd hou

Kyk hoe lyk ons nou, ek mis jou
Sou wat wou gee om jou te kon vashou
Vir nou kan ek maar net onthou
Jy was eens my Juliet en ek jou Romeo

REFREIN (x2)

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top