
Foto: Canva
Stilswyende sonsak
Bloeiende sonsak
Brekende wit lig
Bring die einde aan die lang dag
So sak die dag dan weg
Verdowende veroordeelde staan die laaste lig tereg
Môre is nog ’n lag,
’n skeet, ’n pyn, nuut verag
van huil tot roggel
Seil tot ’n boggel
wink die ewigheid met ’n koggel
Kruip, loop, vier ons met goue stroop
Trotse meriete vol van hoop
Siel vir ’n laaste pennie verkoop
Loop, hardloop, lang afstand gekwyn
Vroeg môreson heeldag se skyn
Donderwolk donker kleed: ’n Pant
glinster met goud aan die rand se kant
Skyn reg van bo met kop se skud
sal brood verdien met ’n rollende drup
Skreeuende stilte van die sonbesie
Maak oop, note val uit die beursie
Stadig kom weer: kruip, loop
Dis afstammeling se hoop
Selfde pad, selfde kruis by die huis
Verdoem met skreeuende stilte aan einde se bewys
Maar dan tog weer:
loop, kruip!! ... met liggaam se krankige seer
Reëndruppel bring
Kleurvolle lig breek
van korte duur
Betaal die prys in die laaste uur
Môre is nog ’n lag,
’n skeet, ’n pyn, nuut verag
Van huil tot roggel
Seil tot ’n boggel
wink die ewigheid met ’n koggel
Bloeiende sonsak
Brekende wit lig
Bring die einde aan die lang dag
So sak die dag dan weg
Dowende veroordeelde ... Staan die laaste lig tereg


Kommentaar
Baie besonders, diep en treffend, raak die innerlike siel. Beskryf God se skepping op 'n besondere wyse.
Hartroerend...
Diep mooi...
Baie baie mooi
Dankie LitNet vir die plasing!
My observasie:
Terminaal siek wees is nie vir sissies nie.
Sterkte aan almal met 'n terminale opvreet.
Óf net dié wat lamlê op bedseer se drumpel!
Die aaklige eindstryd tot die kers se laaste lig finaal saam die pyn verdoof.
Jaco, dis vir my só diep. Dankie.
Diep woorde van 'n man met baie talente. Jou waarneming en liefde vir die natuur kom hier na vore.
Diep gevoel.
Bloeiende of stilswyende sonsak. Riana Scheepers en Boerneef se Dusketyd. NP van Wyk Louw se Karoo-dorp: someraand. Waarlik, woorde wat weeg!
Element van Dusketyd!
Wat 'n ervaring om deel te kan hê aan 'n stukkie van jou sielsverwante belewing oor so 'n onderwerp. Die besondere skeppende, goedbewoorde, atmosfeerskeppende werk uit die hart beïndruk my. Dankie dat jy dit met ons deel.
Rou en waar.
Ken dit net as jyself al daaraan moes dra.
Dankie, Jaco, vir die voorreg om 'n stukkie van jou binneste te deel.