Stilbaai

  • 0

Foto: Pixabay.com

Stilbaai 
21 November 2018

Twee swaels 
bou hul huisie teen die stoep se dak 
Ons hou hulle dop 
die frenetiese gewoel 
Dis morsig daar waar hulle plak 
Ek wonder: maak dit tog saak?
Dit is alles maar net tydelik uiteraard

Ek voel na jou ou bekende hand 
die vel is dun en koud
Die wyn in ons glase blink stil 
Die lig word sag 
Die dag loop stadig uit

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top