Stil, daar gaan 'n man verby - Louis Luyt

  • 0

Ondanks mense se sieninge, was Louis Luyt ‘n reus in die Suid-Afrikaanse samelewing. Sakeman, rugbybaas, politikus …

Wyle David Carte, die vermaarde sake-joernalis, het aan ‘n groep joernaliste vertel hoe dok Luyt daarin geslaag het om Nedbank bykans op sy knieë te bring – en hoe Ou Mutual die bank uit verknorsing moes help. Carte se storie was vol humor, en hoe die krisis bykans senator Owen Horwood se loopbaan as Minister van Finansies gekelder het.

Luyt was voor sy tyd. Deur sy toedoen (met ‘n skop van Francois Pienaar in die agterent) het hy daarin geslaag om SANZAR op die been te bring wat die drie suidelike halfrond nasies jaarliks teen mekaar so meeding. En die begin van Super-rugby wat die beroepsperiode ingelui het.

As SARU-president het hy die William Webb Ellis-trofee in 1995 omhoog gehou.

Tog in een van sy laaste onderhoude op televisie het hy te kenne gegee dat Nick Mallet Suid-Afrika se beste afrigter is. Die vraag is dan waarom het SARU die oud-Ikey onder die gat geskop?

Luyt, wat op 18 June 1932 gebore was, was ‘n tipiese Tweeling – strydlustig, lus vir uitdagings, en kon iets doen/sê/aanpak sonder om te skroom. 1 Februarie 2013 kon hy egter nie langer die stryd voortsit nie.

Rus in vrede ou grote.

Yuri

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top