Ek kon hierdie jaar nie die Aardklop-musiekfees bywoon nie, maar het na die video weergawe van Steve se optrede gekyk. Ek persoonlik is mal oor sy musiekstyl, asook sy Afrikanerpatriotisme, alhoewel ek merendeel nie met sy benadering tot die Afrikaner-politiek kan saamstem nie.
Toe hy Die Stem passievol gesing het, het ek onmiddellik hoendervleis gekry, met trane in my oë.
Steve, hou vol om gedurig Die Stem te sing. Ek persoonlik sal jou altyd daarin ondersteun.


Kommentaar
Ek kan vir al die geld in die wêreld nie verstaan waaroor die geskree gaan oor Steve Die Stem sing nie. Dis 'n pragtige lied en beskryf tog maar basies die land en jou gevoel vir die land. Hier by ons is dieselfde beangsheid oor die Suidwesterlied in die dat die Swapos bevange raak as iemand dit wou sing oor van die troepe die lied op die grens gesing het. Waar bestaan daar 'n beter lied as juis dié oor presies hoe 'n Namibiër oor sy harde land voel?