sterkstes se Oorwinning

  • 0

wasie khongolôs, skoon vergete op Golgota,
wasie Eerste Mens, umNtu, uit Moeder Afrika,
wasie nongholôs, nou sommer enige nommer,
hoekom moet Mens Self so stresvol bekommer,
Gewete-loos, destruktief, “Duiwelspiek”-sieklik,
onkund’-ontkennend, God, Sentraliteit, ignoreer,
aaire saam’t sjatan, pseudo-kwasi-hoofdweper,
opsweper, kapitaal se swanesang probeer sing,
via VN verlossing aan allie nasies, volke, “rasse”,
aan voetsoldate, onbevryde stemvee wil bring,
voor verdeeldheid, geskeurdheid, finaal insink,
noggie eens bewus, van ’n Gewete-herwinning,
sterkste vannie sterkstes se finale Oorwinning

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top