Sterfbedresep
My seun kom sit hier by ma
Kom ek antwoord jou vrae
Daardie resep van jou pa
Die een wat almal voor vra
Kom ek gee dit nou vir jou
Koor
’n Koppie waatlemoen
’n Lekker druk en klapsoen
’n Klappie op haar boud
En baie baie sakke sout
Dit laat jou sommer lekker kry
Dit laat jou hartlik oorhoeps vry
Sewentig sakke sout het ons gevreet
Saam met heuning en die melkkos afgemeet
Saam-saam gedra aan elke las
Koor
’n Koppie waatlemoen
’n Lekker druk en klapsoen
’n Klappie op haar boud
En baie baie sakke sout
Dit laat jou sommer lekker kry
Dit laat jou hartlik oorhoeps vry sommige binne ander buite die kas
I do I do seg jy vir haar
I do, en dan’s die preek klaar
Op die kitaar met sy nuwe snaar
Kan jul die lewe invaar
Koor
’n Koppie waatlemoen
’n Lekker druk en klapsoen
’n Klappie op haar boud
En baie baie sakke sout
Dit laat jou sommer lekker kry
Dit laat jou hartlik oorhoeps vry
Aan haar vinger skitter ’n bling ring
En haar stappie sal plesierigheid bring
Maar moeder swel en raak pregnant
Praat toe teë en raak astrant
Koor
’n Koppie waatlemoen
’n Lekker druk en klapsoen
’n Klappie op haar boud
En baie baie sakke sout
Dit laat jou sommer lekker kry
Dit laat jou hartlik oorhoeps vry
Kort voor lank is ons nie twee
Maar word drie, vier… ag wee
As die kinders eers kom pla
Seg jy stil opnuut vir haar
Koor
Gee my ’n pilletjie aspirien
Ek dink dat ek meer verdien
As ’n lekker druk en klapsoen
’n Klappie op my boud
En tonne sakke sout
Waar is al die ou lekker kry
Toe jy my hartlik en oorhoeps kon vry?
![]() |



