Stephanus Johannes Paulus Kruger
Vers 1
Is dit ons wat so moet wees en treur?
Is dit ons wat so moet kyk wat gebeur?
In my hart is daar iets wat my verskeur
In my land vrees ek vir dit en meer ...
Stephanus Johannes Paulus Kruger
Wat sal die tyd vir ons nog leer?
Kyk uit jou graf, kyk na hulle wat lag
Is dit ons wat so na die vrede smag?
Is dit ons met die bruin en blou drag?
In my hart is ek op soek na die krag
In my land vrees ek vir die nag
Stephanus Johannes Paulus Kruger
Wat sal die tyd vir ons nog leer?
Koor
Die klein wit streep op die swart pad se teer
Kyk hoe die ander my naaste se bloed rond smeer!
Die beeld sê dit weer en weer
Stephanus Johannes Paulus Kruger
Wat sal die tyd vir ons nog leer?
Vers 2
Ek onthou jou taal, doring-oue Transvaal!
Is dit ons wat gemaak is van staal?
Is dit ons wat moet sê ons sal?
In my hart lê die seer teen die wal
In my land vrees ek vir dié wat val
Stephanus Johannes Paulus Kruger
Wat sal die tyd vir ons nog leer?
Koor
Die klein wit streep op die swart pad se teer
Kyk hoe die ander my naaste se bloed rond smeer!
Die beeld sê dit weer en weer
Stephanus Johannes Paulus Kruger
Wat sal die tyd vir ons nog leer?
Vers 3 lead
Wat sal die tyd vir ons leer?
Wat sal die tyd vir ons leer?
Wat sal die tyd vir ons leer?
Wat sal die tyd vir ons leer?
![]() |



