Ek weet darem nie. Sal dit nie die plek nog meer verskoning gee om alles Engels te maak nie, die plek is reeds so Engels? Selfs die Afrikaans wat daar gepraat word is besmet met Engels. En die duisende werksgeleenthede wat kamtig “geskep” gaan word; is dit ooit waar? Selfs as dit waar is, is dit werklike inkomste, en kan Kaapstad bekostig om op so-iets wisselvallig soos toerisme staat te maak?
Dit sal Kaapstad beter betaal om meer wyn, kaas en meubels te maak; ’n goeie vervaardigingsektor dra by tot ’n gesonde ekonomie waarvan die gevolg werkskepping is.
Jan Rap

