Stem vir Joan Hambidge

  • 0

Ek begroet met blye galme die nuus dat prof Joan Hambidge van die UK beskikbaar is vir verkiesing tot die raad van ons beide se alma mater, die US - wat op 10 Maart sluit.  Maties het ‘n Donker Labirint geword en die Skoppensboer sluip met Verdraaide Raaisels rond en deel vir ‘n ieder en ‘n elk ‘n Judaskus uit.  Soos aasvoëls sak snydokters, gespesialiseerd in die Anatomie van Melankolie, met handboeke vol Lykdigte, op die kampus neer.  Daarenteen is Hambidge se Kladboek skoon en dra sy haar Hartskrif op haar mou.  Boonop, as dame, staan sy altyd met eetgoedjies reg: Bitterlemoene, Gesteelde Appels en, bowenal, Koesnaatjies vir die proe.  In kort: stém broers, hier kom ‘n vróú nader.

 

Jeanette Serdyn

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top