Die manne van Spes Magte het sommer gepraat van “jam”-stelers. By enige gevegseenheid kry jy mos maar die vegters en dan die magdom manne wat hulle ondersteun, soos die kokke en klerke. Mens is geneig om hulle gering te ag, maar sonder hulle sou geen vegter in die veld sy ding vir lank kon doen nie. Wat egter wel gebeur, is dat hulle dieselfde eenheidskentekens en beret dra en dan is daar van die manne wat in die kroeg in die aande drinkmyle vind by die blote gedagte dat hierdie ou mos deel van ’n bekende en berutde eenheid is. As hulle dan nog stories kan gooi van dit wat hulle gehoor het die vegtende manne by betrokke was, soveel beter.
Weet jy, ek dink baie ouens wat op die grens was en in al die jare nooit ’n kontak beleef het nie, voel dalk skuldig daaroor? Geen rede natuurlik nie, want jou ondersteuningsmanne is kritiek belangrik, maar almal wil mos die held probeer wees?
Namib

