steeds oppe strooptog

  • 0

Vader, Skepper, Ware God, Wérk in Mens,
veral in Millenniaal Homo Sapiens Sapiens,
eish, Baba, Allah, deeske Krisis heel krities,
nog nimmer voorheen Mens so erg apaties

suffereer Mens onnodiglik, aan’T, Self-destruksie,
Mens se hart soos staal, pro-Kapitaal, prys’p alles,
dat sosialisme, filosofies, prakties, vér orie wal is,
g’doriewaar, Vader, Waarheid, so anners as fiksie

ergens op dees Planeet moet ’n antwoord v’rskyn,
vóór Mens, Mens Self, Gewete, Eie, skoon v’rdwyn,
dobbelsaal, bidplek, tempel, masjid, sinagoge, kerk,
Millennium Drie Mens word geken aan sy, haar werk

ja, son’r Gewete-herwinning g’n sprake van goede hoop,
kom Mens by pensioenuitkeertyd, fonds kla kaal g’stroop

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top