Draai na die wind
Dis waar jy die lewe se betekenis sal vind
Loop saam met my
Dis hoe jy ure se samesyn sal kry
Deur die dag
Sal ek jou geselskap verwag
En in die nag
Sal jy my vergesel met jou lag
Ek stap saam met die wind
Ek loop in die rigting waar dit waai
Net jy wat volg my kind
Ons sal draai waar die winde draai

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

