Anders as ons
wat soos facebook
sonder voetspoor wegrol
is julle die anachronismes
in klip of brons
wat gehoop het om
byna vir ewig te lewe.
Party laat julle toe
om met jul starende blik
saam vêr paaie te reis –
ander wil verstik
in die onbereikbaarheid
van jul majesteit.
Is dit die klipkapper se sweet
of die smelter se vuur
wat ons verdeel?
Of dalk – is dit ons eie pyn?
Ek word bang om te vra:
Kan julle ons miskien help heel?

