Standbeelde

  • 0

Hoeveel keer,!
het dit my lewe omgekeer?!
Julle stories van weleer!
en hoe ons jul vereer.!!
Dit was my pa se trots!
om sy kinders van kleintyd te vertel.!
Van ons helde gemaak uit rots.!
Wat moes spook en spartel.!
Teen natuur of vyand bots.!
Dapper! Soms moeg gemartel.!!
Die kleur of herkoms!
van amper vergete held,!
is nooit as hoofsaak vermeld.!
Eerder jou onbaatsugtige daad, jou veilige tuiskoms.!!
Bevoorreg kon ek langs jul staan!
opkyk in jul dowwe klipoë.!
Knop in die keel en baie bewoë!
oor my wang, die glybaan van n traan.!!
Waar sal die beelde van ons helde gaan rus?!
Wie gaan opstaan en wie gaan berus?!
Waar gaan ek my kinders wys?!
Hier is my held, al is ek grys.!!
Elke keer,!
as hulle julle so besmeer,!
en julle stryd en daad tot niks afkeur.!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top