Standbeelde

  • 0

Emosieloos, stil, versteen
In ’n wêreld vol gestoei, gedruis, gedreun
Herrinneringe, verledes, geskiedenis
Gebeitel-kap tot groot bewaar
Om te verewig bekendes, legendes, vervalle helde
Wat net voor hul staar
Tog geen beleggingswaarde,
doel of nut vir hierdie aarde
Beelde van verganklikheid
Waarmee gedagtes sal verbrokkel mettertyd
Gevegte tot behoudenis
’n ewig stryd
Helaas net stowwerige denke tot vergetelheid

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top