Standbeeld

  • 0

Jou transformasie
is gegiet,
Jy’s oneffektief.
In
driedimensioneel
versteen.

Geen towerkrag
Kan jou omskep.
Geen nuwe oomblikke.
Geen
mores vir
jou bestem.

In stol
Is jy vasgevang.
Geflits in
vorm
wat ewig
terug sal blik.

Die winde
van verandering
waai wind-op.
Steeds
kleur dit tot jou
stil agterkop.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top